Oldeuboi (2003 rolprent)

Oldeuboi
Musiek deur Cho Young-wuk
Kinematografie Chung Chung-hoon
Ateljee Egg Film
CJ Entertainment
Verspreider Show East
Speeltyd 120 minute[1]
Land Suid-Korea
Taal Koreaans
Begroting $3 miljoen[2]
Bruto wins $17.1 miljoen[3]

Oldeuboi, ook bekend as Oldboy (Koreaans: 올드보이, Oldeuboi of Oldŭboi), is 'n aksieriller rolprent uit 2003[4][5] wat geregisseer en medegeskryf is deur Park Chan-wook. Dit is losweg gebaseer op die gelyknamige Japannese manga. Die rolprent gaan oor die verhaal van Oh Dae-su (vertolk deur Choi Min-sik), wat vir 15 jaar gevange gehou word in 'n selkamer wat lyk soos 'n hotelkamer, sonder dat hy bewus is van die identiteit van sy ontvoerder of diè se motiewe. Wanneer hy finaal vrygelaat word bevind Dae-su hom in 'n mengelmoes van sameswering en geweld, terwyl hy wraak soek teen sy enigmatiese ontvoerder, (vertolk deur Yoo Ji-tae). Sy soeke na sy ontvoerder raak uiteindelik verstrengel met 'n liefdesverhouding wanneer hy verlief raak op 'n jong sushisjef, Mi-do (vertolk deur Kang Hye-jung).

Oldeuboi het wêreldwyd kritiek lof ontvang en het die Grand Prix tydens Cannes-rolprentfees 2004 ontvang, waar dit groot lof van Quentin Tarantino, die president van die beoordelingspaneel, ontvang het. In die Verenigde State het die rolprentresensent Roger Ebert verklaar dat Oldboy 'n "kragtige rolprent is, nie weens dit wat uitgebeeld word nie, maar as gevolg van die diepte van die menslike hart wat dit ontbloot". Die rolprent se aksietonele, veral die geveg in 'n gang, het ook lof ontvang.

Die rolprent se sukses het gelei tot twee verwerkings: 'n ongemagtigde Hindi-verwerking uit 2006, en 'n amptelike Amerikaanse verwerking uit 2013. Dit is die tweede aflewering in Park Chan-wook se Wraak-trilogie, na Sympathy for Mr. Vengeance (2002) en die gevolglike Lady Vengeance (2005).

In 2008 is Oldeuboi 64ste geplaas op Empire se lys van die top 500 rolprente van alle tye.[6] In 2020 het The Guardian dit gelys as nommer 3 in 'n lys van klassieke moderne Suid-Koreaanse films.[7]

  1. "Oldboy". British Board of Film Classification. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Januarie 2020. Besoek op 26 Maart 2018.
  2. "Oldboy (2003) - Financial Information". The Numbers. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Februarie 2019. Besoek op 16 Februarie 2019.
  3. "Oldboy (2005)". Box Office Mojo. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Oktober 2017. Besoek op 3 September 2023.
  4. "OLDBOY (2003)". British Board of Film Classification. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2020. Besoek op 10 November 2020.
  5. "From Mind-Numbing Thrillers To Refreshing Rom-Coms, 15 Korean Movies You Need To Watch ASAP!". Indiatimes]]. 30 Maart 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Julie 2019. Besoek op 7 Augustus 2019.
  6. Sciretta, Peter (5 Oktober 2008). "Empire Magazine's 500 Greatest Movies Of All Time". /Film. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 Februarie 2022. Besoek op 23 Februarie 2022.
  7. Bradshaw, Peter (13 Februarie 2020). "Classics of modern South Korean cinema – ranked!". The Guardian. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 Mei 2020. Besoek op 16 Maart 2020.

Developed by StudentB